Geagte kollegas en studente
Toe ons die Visekanselier se Kampuswye Gesprekke in Desember 2024 begin het, was dit met die hoop en verwagting om ’n gesamentlike reis van gesprekke te begin – een waar ons openhartig en eerlik kon omgaan met die moeilike vrae wat ons universiteit in die gesig staar, sodat ons kon begin om die vertroue, verbondenheid en gedeelde doelwit wat die afgelope jare onder druk was, te herstel.
Die reeks, gefasiliteer deur twee onafhanklike praktisyns – Professor Thandabantu Nhlapo en Me. Nomfundo Walaza – is ontwerp om deur die loop van verskeie fases te ontvou, met die eerste fase wat tot Junie 2025 geduur het. Die doel was om ’n grondslag te lê vir opvolgfases om die lesse wat ons deur die proses geleer het toe te pas om maniere te vind om doelgerig vorentoe te beweeg.
Die eerste rede vir hierdie kommunikasie is ‘n opdatering van die uitkoms van die gesprekke wat tot dusver plaasgevind het, en om almal uit te nooi om voort te gaan om deel te neem aan die gesprekke terwyl ons hierdie lang, moeisame reis aanpak om die wonde – oud en nuut – van ons vooraanstaande instelling te heel, en om ’n mensgesentreerde institusionele kultuur geanker in ubuntu te bou.
Uit wat die praktisyns kon wys word in net meer as 40 weke van “luister”, en ondanks die gevare van waninterpretasie, misverstande en oorveralgemening, kan die kommerwekkendste neigings gegroepeer word onder die stelling: “Die UK is nie ’n plek waar ‘n mens welkom voel nie.”
Ongeag van hoe onskuldig hierdie stelling ook al mag klink, raak dit duidelik baie meer mense in vergelyking met ander klagtes, aangesien dit verder gaan as eenvoudige gedragskwessies wat as “kliekerig” bestempel kan word – ’n byvoeglike naamwoord wat geneig is om oor die algemeen aan die Stad Kaapstad toegedig word. Dit skep beelde van diskriminasie, boelies, teistering en ingeburgerde ongelykheid wat, volgens die praktisyns, duidelike onwettige aktiwiteite verteenwoordig, veral tussen senior en junior lede van die UK-gemeenskap.
Bykomende problematiese kulturele gebruike wat as ernstig deur deelnemers in die gesprekke gerapporteer is, is tekortkominge in bestuurspraktyke en ’n neiging om vas te klou aan ’n argaïese en verouderde burokrasie. Lede van die UK-gemeenskap het verhale gedeel van mislukte toelatings en registrasie- en akkommodasiekwessies. Die praktisyns het dit as ’n kommerwekkende tendens beskou, aangesien ’n instelling beoordeel word aan hoe dit voorsien in die behoeftes van sy kernbelanghebbendes, wat in hierdie geval die studente is.
UK word boonop ook ervaar as ongetransformeerd, ongeag die #RMF- en #FMF-bewegings, wat ’n omvattende stel aanbevelings gemaak het oor hoe die universiteit transformasie kan aanspreek. Die praktisyns is daaraan herinner dat die Mpati- en Mayosi-verslae waardevolle bronne van inligting is wat UK kan help om transformasie in plek te sit. Die praktisyns wat die kampus besoek het, het diepgewortelde kommer uitgespreek oor die stadige vordering met die implementering van die voorstelle wat in hierdie verslae vervat is.
Die praktisyns is ook bewus gemaak van die noodsaak om te verseker dat sommige professionele, administratiewe ondersteunings- en diensdepartemente (PAOD) by vasgestelde beleide en prosedures hou en dat hul voldoende befonds en op so ‘n wyse gestruktureer is om die algehele doelwit van die instelling te dien. Die praktisyns is ook ingelig oor die verwarring oor die rol van die Kantoor vir Inklusiwiteit en Verandering en die UK-Ombudskantoor – twee strukture wat noodsaaklik is om ’n gevoel van geankerdheid te verseker.
Al die temas het ‘n gemene deler gehad van ’n universiteit waar die Gaza-resolusies wat deur die Raad aanvaar is, die ingeburgerde verdeeldheid en polarisasie blootgelê het – tot by die punt waar kollegialiteit op sy laagste vlak ooit is. Die woorde “toksies” en “onveilige ruimtes” is voortdurend gebruik. Hierdie klimaat lei daartoe dat individue bang is om hul eerlike menings te lug, wat ’n nadelige effek het op kreatiewe en innoverende denke.
Volgens die praktisyns is dit betreurenswaardig dat hierdie uitkomste ’n groot deel van die prysenswaardige prestasies in die kultuur van die UK versluier. Dit is duidelik uit bogenoemde dat hierdie moeilike en eerlike gesprekke nie net nodig was nie, maar mense ook in staat gestel het om hul kritiese uitkyk en denke oor ons institusionele kultuur by die UK te deel.
Hierdie gesprekke kan lei tot ’n broodnodige proses van heling, heropbou en vernuwende opnuutverbeelding. Dit is ruimtes waar waarheid en empatie kan saamsnoer en ons diversiteit sy spiere kan bult, in plaas van ’n verskuiwingskraak laat deurloop. Egte transformasie verg tyd. Dit is nie net ’n gebeurtenis nie, maar ’n proses wat bestaan uit ’n reeks doelbewuste en dapper spronge die toekoms in. Dit is ’n platform vir alle lede van die UK-gemeenskap – personeel, studente, alumni – om betrokke te raak en hul waardevolle perspektiewe te deel.
‘n Bekende Wes-Afrika spreekwoord herinner ons: “’n Klein saadjie gee geboorte aan die grootste boom.” Wat ons nou koester – deur eerlike gesprekke en kollektiewe samewerking – het die potensiaal om te groei om die instelling op ’n betekenisvolle wyse te herskep. Ons sal voortgaan om saam met ons ervare eksterne praktisyns te werk – Professor Nhlapo en Me Walaza – wat gesamentlik onskatbare ervaring in konfliktransformasie, die Reg en sosiale heling bring. Hul leiding is van kardinale belang terwyl ons voortstu om die temas wat uit die gemeenskap na vore gekom het, verder te ontgin.
Ek nooi elkeen van u uit om betrokke te bly. Ons kollektiewe stemme is noodsaaklik om ’n kampuskultuur te skep wat geanker is in vriendelikheid, ubuntu, wedersydse respek en geregtigheid. Laat ons ons gedeelde verantwoordelikheid herbevestig om saam ’n universiteit saam te skep waar almal welkom voel, gehoor word, waardeer word en bemagtig word. U stem is van kritieke belang vir die sukses van hierdie kampuswye inisiatief. Ek nooi u uit om:
Ek doen ’n beroep op u om deel te neem aan hierdie gesprekke – as individue, kollegas, groepe of kollektiewe, eenhede of departemente, in geslote vergaderings of selfs iewers in ‘n dorp op die platteland – nie net as ’n deelnemer nie, maar as ’n medeskepper van die tipe institusionele kultuur wat ons vir onsself en toekomstige generasies by UK wil skep.
Laat ons hierdie reis voortsit – nie gejaagd nie, maar met sorg en toewyding – om onsself te vestig as ’n sterker, meer verenigde UK.
Die uwe
Professor Mosa Moshabela
Visekanselier
Read previous communications:
This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NoDerivatives 4.0 International License.
Please view the republishing articles page for more information.