Versoek aan personeel: bevestig u demografiese besonderhede

13 August 2026 | Professor Elelwani Ramugondo

Geagte kollegas

In ooreenstemming met die Wet op Diensbillikheid en die verslagdoeningsvereistes van die Departement van Indiensneming en Arbeid, word die Universiteit van Kaapstad (UK) verplig om ’n ontleding van ons arbeidsmagprofiel te doen volgens ras, gestremdheid, geslag en nasionaliteit.

Om seker te maak dat die inligting wat aan die departement verskaf is akkuraat is, word personeel versoek om die demografiese besonderhede wat met hul aanstelling by UK aan Menslike Hulpbronne verskaf het, te verifieer.

Personeellede het toegang tot die EEA1-vorm deur bloot op hierdie skakel te klik:

Let asseblief op die volgende:

Aangewese groepe verwys na swart mense, vroue en persone met gestremdhede wat:

  1. burgers van die Republiek van Suid-Afrika is deur geboorte of afkoms; of
  2. burgers van die Republiek van Suid-Afrika geword het deur naturalisasie -
    1. vóór 27 April 1994; of
    2. ná 26 April 1994 en wat vóór daardie datum daarop geregtig sou    gewees het om burgerskap deur naturalisasie te verkry, maar deur apartheidsbeleide verhinder is om dit te doen.

Indien u demografiese inligting enigsins verander het, let asseblief op die volgende wanneer u die HR101 persoonlike besonderhedevorm indien:

  1. Om u nasionaliteit/burgerskapstatus te verander, moet u nasionale identiteitsdokument ingedien word.
  2. Om u geslagsidentiteit te verander, moet u seker maak dat u die vereiste dokumentasie van die Departement van Binnelandse Sake in u besit het.
  3. Bestaande personeellede word aangemoedig om u gestremdheidstatus by te werk of bekend te maak deur die EEA1-vorm te voltooi. Ná indiening hiervan moet personeellede ’n vertroulike konsultasie met u MH-sakevennoot (MHSV) reël om die aard van u gestremdheid en enige redelike ondersteuningsvereistes wat u volle deelname en sukses in die werkplek kan bevorder, te bespreek.

Dit sal hoog op prys gestel word indien personeel die vorm teen Donderdag, 27 Augustus 2026 kan voltooi. Dit behoort nie langer as vyf minute van u tyd in beslag te neem nie.

Let asseblief daarop dat die skakel ná hierdie datum nie meer aktief sal wees nie, aangesien ons al die inligting wat van personeel ontvang is, moet konsolideer om Menslike Hulpbronne se rekords by te werk. Neem ook asseblief kennis dat die bestaande status quo behoue sal bly indien geen opgedateerde inligting verskaf word nie.

Baie dankie by voorbaat vir u samewerking.

Die uwe

Professor Elelwani Ramugondo
Adjunk-visekanselier: Mense, Kultuur en Samelewing


Creative Commons License This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NoDerivatives 4.0 International License.

Please view the republishing articles page for more information.


TOP